Kreef (sterreteken)

Kreef (Cancer)
Die astrologiese simbool van die Kreef

Die Kreef (Lat: Cancer) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 Junie en 22 Julie gebore is. Dit is die vierde teken van die Diereriem.

Die Kreef is een van die drie watertekens en vier hooftekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Bok van die Chinese diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Kreef is Maan.

Krewe kom volgens die astrologie goed oor die weg met Skerpioene en Visse, asook met Ramme en Bulle. Hul teenpool is Steenbokke.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search